Nuwe 3D-digitale mondtegnologie is goedkoper en meer doeltreffend

Oorspronklik gepubliseer in Die Burger, 1 September 2017

Tegnologie op die gebied van mondgesondheid het die afgelope paar jaar met rasse skrede gevorder om tandartse by te staan. Danielle Daniëls het meer gaan uitvind oor die 3D-digitale tegnologie wat deesdae gebruik word.

Dr. Alet Lochner doen 3D-skanderings by haar spreekkamers in Somerset-Wes

Een van die belangrikste en indrukwekkendste ontwikkelings op die gebled van diagnostiese tandheelkunde die afgelope dekade, is 3D-digitale
tegnologie vir X-strale, algemeen bekend as CBCT (Cone Beam Computed Tomography). Min mense IS bewus daarvan dat hierdle tegnologie nou reeds by tandartse beskikbaar is.

Volgens dr. Johan Hartshorne, ‘n tandarts by Intercare Tygervallei waar 3D-skanderings gedoen word, bied tradisionele X-strale ‘n tweedimensionele beeld (2D) van ‘n tand of mondgedeelte, terwyl ‘n 3D-skandeermasjien (CBCT) ‘n dnedimensionele (3D) digitale X-straalbeeld
van die geaffektærde gedeelte gee.

“Wanneer jy behandeling moet ontvang vir byvoorbeeld plasing van inplantate of ‘n wortelkanaalbehandelmg, gee ‘n 3D-skandering van die tandgedeelte vir jou tandarts ‘n presiese 3D-beeld van daardie gedeelte.

“Dit stel hom of haar in staat om ‘n akkurate diagnose te kan maak en doeltreffend te kan bepaal wat die volgende stap is na suksesvolle en voorspelbare behandeling.”

Dr. Alet Lochner wat die 3D-skanderings by haar spreekkamers in Somerset-Wes doen, verwys na ‘n CBCT-opname as ‘n datavolume.

“Met die CBCT-masjien kan ons verskillende groottes volumes van spesifieke gedeeltes van die kaak en gesig neem.”

Voordele van ‘n 3D-skandering

  • Dit is meer doeltreffend omdat dit ‘n 3D-beeld van bleemgedeeltes bied wat jou tandarts in staat stel om ‘n akkurate diagnose te kan maak en vir jou die regte behandelingsplan voor te stel.
  • Met ‘n enkele skandering sien die tandarts baie meer as op ‘n gewone 2D-X-straal.
  • Die 3D-beeld is van ‘n hoé gehalte en baie meer akkuraat.
  • Jy hoef nie meer na ‘n hospitaal verwys te word vir ‘n CT-skandering nie.
  • Jy word aan minder bestraling blootgestel as met konvenslonele CT- en MRI-skanderings.
  • Dit is baie goedkoper as ‘n konvensionele CT-skandering.
  • Dit is maklik en vinnig om te gebruik.
  • Ongevær ‘n minuut nadat die skandermg geneem is, verskyn die beeld op die skerm, wat interaktief deur jou tandarts gemanipuleer word om
    vir jou te verduidelik waar die probleem is en wat die implikasies daarvan is.
  • Die verlaagde bestraling en laer kostes, asook die akkuraatheid van CBCT-afmetings, het tot gevolg dat 3D-X-strale meer algemeen in tandheelkunde en sekere mediese spesialiseringsvelde gebruik word.

Waarvoor word dit gebruik?

  • Tandinplantaatbeplanning: Plasing van tandinplantate is ‘n prosedure waardeur ‘n verlore tand met behulp van ‘n titaniumskroef vervang word. ‘n CBCT-datavolume word gebruik om te bepaal of daar genoeg been beskikbaar is, en om die regte inplantaat te kies. Op ‘n CBCT-datavolume kan nie net die hoogte gesien word nie, maar ook die breedte van die kakebeen waarin die inplantaat geplaas word. Dit kan nie op ‘n 2D-beeld gesien word nie. Belangrike anatomiese strukture soos byvoorbeeld sekere senuwees en bloedvate, asook die sinusse, kan vermy word en ‘n optimale deursnit en lengte inplantaat kan doeltreffend geplaas word.
  • Wortelkanaalbehandeling: Om die korrekte diagnose van die letsel of patologie op die punt van die wortel te maak, en sodoende vas te stel hoeveel kanale skoongemaak en gevul moet word.
  • Mondrekonstruksies: 3D-skandering berei vir jou en jou tandarts voor vir rekonstruktiewe of mondchirurgiese prosedures en gee jou tandarts ‘n beter insig om komplekse prosedures deeglik en akkuraat te beplan.
  • TMG-gewrigpatologie: Die Tempero-mandibulêre gewrig verbind jou onderkaak met jou skedel. Wanneer jy pyn en ongemak in hierdie gewrig ervaar, kan ‘n 3D-beeld daarvan geneem word om die oorsaak van die pyn vas te stel.
  • Gesigstrauma: Die teenwoordigheld en posisie van frakture van jou gesigsbene kan beter waargeneem word. Sodoende kan ‘n kaak-, gesig- en mondchirurg die korrekte behandeling daarvoor beplan.
  • Sinus- en neuschirurgie: CBCT-volumes word al hoe meer gebruik deur oor-, neus- en keelspesialiste vir die diagnose van paranasale sinus-siektes en nasale septums. CBCT-volumes kan selfs gebruik word vir die evaluering van jou lugweë indien jy aan slaapapnee (snork) ly.